Fasiliteite & Akkommodasie

By Klipkrans het ons ses selfsorg tent huisies wat baie sorgvuldig uitgelê is sodat dit insmelt met die pragtige natuurlike omgewing.

Hierdie tent huisies is ten volle toegerus met beddens, (bring asseblief u eie beddegoed) ’n klein yskassie die nodige eetgerei en kombuis benodighede sodat u ’n heerlike koppie koffie in die oggend kan geniet terwyl u luister hoe die voëls die dag verwelkom of ’n braai kan geniet na ’n pret belaaide dag.

Gemsbok

x4

Gemsbok – slaap 4 mense.

Visarend

x2

Visarend –  slaap 2 mense.

Hierdie eenheid het ’n kampeer area reg langs hom en kan sleg bekom word met die bespreking van die tent huisie.  Die koste van die kampeer area is ’n addisionele R100 per persoon per nag.

Paling

x2

Paling – slaap 2 mense.

Eland

x1
x1
x1
x1
x1

Eland – slaap 5 mense. Het eie badkamer geriewe

Koedoe

x1
x1
x1
x1
x1

Koedoe – slaap 5 mense. Het eie badkamer geriewe

Zebra

x1
x1
x1
x1
x1

Zebra – slaap 5 mense. Het eie badkamer geriewe

Kampeer Areas

x36

Ons het 36 groot kampeer areas wat om die lieflike Breërivier banke geleë is.
Elke kampeer area het sy eie braai fasiliteite en kragpunt.

Ablusie Blok

Slegs ’n paar meter van u kampeer area sal u die ablusie blok vind. Hier wag ’n lekker warm stort op u na ’n pret belaaide dag.

Kiosk

Die “Honesty” Kiosk bied aan u al die noodsaaklike items soos hout, ys en ander basiese benodighede wat u dalk vergeet het of te min gebring het.

Klipkrans Boskamp

x16

Die Klipkrans boskamp is geleë tussen asemrowende en pragtige heuwels. Dit bied aan familie en vriende die geleentheid om die natuur ten volle te geniet.

Klipkrans Lapa

x40

Ons Lapa bied aan besoekers die perfekte kuier en ontspan geleentheid. Dit is geleë tussen pragtige bome en aan die voet van ’n groot sandduin wat ure se vermaak verskaf aan kinders.