Klipkrans_logo
Office Hours: MO-FR 08:00-16:00

Klipkrans Boskamp

Die Klipkrans boskamp is geleë tussen asemrowende en pragtige heuwels. Dit bied aan familie en vriende die geleentheid om die natuur ten volle te geniet. Daar is geen selfoonsein of krag en daarom kan u werklik ontsnap van die gejaag van alledaagse lewe en ware rus en vrede geniet.

Die boskamp is slegs toeganklik vir bos waens, 4x4 karavane en tente.  U gaan ongelukkig nie met ’n gewone motor, die boskamp kan bereik nie.

Ons boskamp lapa kan 16 mense akkommodeer. Die fasiliteite was gebou met ons filosofie ingedagte, om moeder natuur so vêr moontlik onversteurd te laat. Die sonpaneelstelsel sorg dat u ’n heerlike warm stort sal kan geniet na ’n pret belaaide dag.

Weens hoë aanvraag versoek ons dat gaste die boskamp vir ’n minimum van twee nagte sal bespreek. Braaihout kan ook teen R25.00 per sak, vooraf gereël word.

Bespreek Aanlyn