Klipkrans Lapa

Ons Lapa bied aan besoekers die perfekte kuier en ontspan geleentheid. Dit is geleë tussen pragtige bome en aan die voet van ’n groot sandduin wat ure se vermaak verskaf aan kinders.

Die kuier area is lekker ruim en kan dus ook gebruik word vir werksfunksies en spanbousessies.

Alle materiaal wat gebruik is om die Lapa te bou is afkomstig van die stel van die bekende Modder en Bloed fliek. Dit is sorgvuldig geplaas om in te smelt saam met die asemrowende natuurlike omgewing. Dit is ook hier waar van die tonele uit die fliek verfilm is en waar die akteurs hulle middagete geniet het.

Wanneer u die Lapa besoek sal u toegang hê tot elektrisiteit, warm water en badkamer geriewe.

Indien u opsoek is na ’n  stil wegbreek saam met u familie of vriende en waar u Moeder Natuur op haar beste en mooiste kan ervaar is die Lapa net die plek om dit te doen.

Bespreek Aanlyn