Oor Klipkrans
Slegs ’n uur se ry vanaf Kaapstad en ongeveer 10km buite Worcester, in die Wes-Kaap, sal u Klipkrans vind. Hierdie Privaat Wildsplaas en Kampeerterrein is geleë op die banke van die pragtige Breërivier. Hier kan u werklik ontsnap van die gejaag en bekommernisse van die alledaagse lewe. Asem die vars lug in, ontspan u liggaam en siel en geniet ons groot verskeidenheid wildspesies soos die asemrowende Gemsbok, Blouwildebees, Zebra, Springbok, Duiker, Steenbok en die grasieuse Klipspringer. Ons beskik ook oor ’n hele aantal merkwaardige voël spesies soos die Blou Kraanvoël , Visarende en Fisante.
Ons voetpaadjies langs die rivier sal u neem na die perfekte uitkyk punte van waar u hierdie wonderlike voëlspesies kan waarneem.
Klipkrans het ook baie interessante en eienaardige reptiel spesies wat onder klippe en in ons diverse flora spesies wegkruip. Ons is baie trots op die wye verskeidenheid flora spesies, soos ons Fynbos en sommige Protea spesies, wat by Klipkrans besigtig kan word.
Die water van die Breërivier bied aan hengelaars die geleentheid om Karp, Bass en Barbers te vang.
Die rivier strek vir 2.5km en die spieëlglad water sorg vir die ideale swemplek.
Op ons 4x4 en stap roetes kan u die asemrowende omgewing van die Breërivier aanskou. Hierdie roetes is ook ideaal vir Bergfietse en sal u toelaat om baie na aan die diere te kom.
Ons moedig ons besoekers aan om baie foto’s te neem sodat hulle altyd hulle tyd by Klipkrans sal onthou, maar ons vra dat u slegs u voetspore sal agterlaat.